Horisontaal – want die dood kom jou haal.

 Hierdie was nog altyd een van daai songs wat my vasgevang het op ‘n, magiese, eufories-bindende manier. Aan die einde van die pad staan ons almal voor die selfde twee deure, maar tot dan is daar plek vir my tussen ACDC en die Rolling Stones, nood nommers en pay phones…

“Horisontaal”

Dis alles goed en wel ou pel.
Maar kom laat ek jou ‘n ding vertel, van die lewe op die Highway to hel.

Tussen ACDC en die Rollingstones, tussen die nood nommer en die pay phones.
Lê die lang pad gesaai met ouens soos ons.

Mr. Tambourine man, vat my saam.
Kry my in die alley as ek wag kan staan.
Vra my oor die drumpel … vanaand.

Dit is nou of nooit vir Graceland.
Al die panel-vans al die one night stands.
Jy ken my mos, ek is saam met die band …

‘n Slang olie glimlag ‘n grap in die Transvaal, wie kom jou haal?
Horisontaal.

Lewer kommentaar