Klaskamer mankoliek

Sweet Suburbia

“Jy, doos! Dis jou beurt.” Wat? Ek kyk fronsend na die juffrou. Nee, sy glimlag gerusstellend vir my vanagter haar lessenaar. “Dis jou beurt om jou gediggie voor te dra.” Ek staan op en ontvou die woorde vinnig in my kop terwyl ek vorentoe stap. Jy hoor net hakke kap op die houtvloer. Bloedrooi in die gesig staan ek voor die dwalende oë en ek resiteer:

Ek rep en roer veel eerder in epiese drome
voordat ek werklik ‘n vinger lig in die ware wêreld;
die dae van omgee het eens oor ons gedwaal
en selfs die vaal lyn tussen liefde en haat is verlore.
Daar buite bloei blomme, rooi is die Nyl
en die drukkers se hande klap soos bomme;
ek glo eerder dit wat Morfeus vir my sê
en so verkies ek my wêreld, onderstebo.

“Absoluut verkrag deur alliterasie,” sê juffrou. Ek aarsel ‘n oomblik, dan kantel my…

View original post 14 more words

Lewer kommentaar