Ons almal Lieg.

Dis moeilik om te dink dat ons as mens onsself genoegsaam ag om die lewe te probeer manipuleer sodat ons maksimaal daaruit voordeel kan trek.

Ons almal is “goeie mense” wat “ander se belange op die hart dra”. Maar is dit regtig die geval? Kan jy met eerlikheid se dat jy na daardie mooi blonde meisie in n kroeg, wat haar hart uitspoel oor haar afwesige ouers en aggressiewe kêrel, luister omdat sy praat? of is dit omdat jy n geleentheid sien in haar swakste oomblik?

Jy kan regtig vir jou in enige posisie in praat met die regte woorde. Maak n grap, praat van jou karre, huise en geld (wat jy nie het nie) en sy is joune. Sys oppervlakkig en jy is vals. Perfek, vir nou.

Tot sy wakker word die volgende oggend, met n babelas en wasige oe, in n kakkerige huis in Brackenfell met n worshond wat op haar klere lê en slaap. Die vreemde man langs haar is toe nie so suksesvol soos hy voorgee nie.

Alles waar oor hulle gister aand gesels het het soveel sin gemaak. Maar dan kom die besef dat sy nie so beskikbaar is soos sy gedink het nie, en ongelukkig het sy maar weer haar waardes laat daal vir n uitkoms uit haar eie situasie.

Vir hom was dit n suksesvolle aand, tog wens hy nou dat waaroor hy gepraat het die waarheid was… Hy sak sy kop in sy hande met die wete dat dit maar net nog n pad is waarop hy nooit weer sal loop nie.

Gesprek is deur die mens gemaak om die werklikheid te verberg. Ons gebruik dit om natuurlike seleksie te vermy en te fnuik. Weet jy wat het werklik, ware gesprekke? Miere. Hulle praat deur chemikalieë in mekaar se monde te braak. Kots! “Watter kant toe is die piekniek? “Kots! “daai kant toe!”.

Mense is meer is ontwikkel.

Ons almal lieg.

Advertisements

4 thoughts on “Ons almal Lieg.”

    1. daar is so 2 sinne uit die teks wat n ekstrak van Dialoog is wat ek teen n muur plakaat gesien het n paar weke terug, Ek het dit gaan aanpas en bietjie meer toepaslik gemaak. Daar was geen indikasie van wie die skrywer was nie. Verder is alles my werk 🙂

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s